Afrikaans
Die naam
Soget het sinoniem geraak met onoortreflike
vertalings.
Gebou op meer as 30 jaar se ondervinding, is
ons die grootste Italiaanse organisasie wat
spesialiseer in die vervaardiging van
multitalige dokumentasie.
Ons dienste in al die hooftale sluit
teksontwerp (tegniese skryfwerk en
redigering), lokalisering, grafika en RGO (rekenaargesteunde
ontwerp), bladuitleg en drukwerk in.
Multimedia produksies, netgrafika en
webwerwe rond hierdie reeks dienste, wat
verskaf word om jou internasionale
kommunikasie te maksimaliseer, af.
Ons
organisasie word deur 'n kwaliteitstelsel,
wat voldoen aan die ISO 9001 standaard,
bestuur.
Hierdie metodes sluit in:
-
die
gebruik van moedertaalvertalers
-
die
outomatisering van alle produksiefases
-
die
noukeurige seleksie en voortgaande
opleiding van al ons personeel
-
die
volgehoue bywerking van ons
terminologiehulpbronne en die opstelling
en gebruik van pasgemaakte woordelyste
-
die
gebruik van Rekenaargesteunde
Vertaaltegnologie (vertaalgeheue) vir
konsekwente hoë kwaliteit
-
versoenbaarheid met alle
hoofprogrammatuur
-
streng
kwaliteitskontrole.
Gekwalifiseerde projekbestuurders hou toesig
oor elke taak, hanteer hulpbronne en gaan
die verwagtings van kliënte na.
Eweneens
beteken die volgehoue bywerking van ons
programmatuur vir Macintosh en Windows dat
ons kliënte kan vertrou op volle
versoenbaarheid met hul hulpbronne.
Daarom
behoort dit nie verbasend te wees om te weet
dat ons meer as 5,000 kliënte het nie.
Hul
vertroue in ons het ons die kundigheid
besorg vir die produksie van alles van hoë
profiel korporatiewe brosjures tot
handleidings vir vooraanstaande
internasionale projekte.
Vra vir 'n kwotasie
en u sal vind dat ons dienste die
mededingendste is in die Europese mark.
This page in PDF
This page in Flash